Weskushuis is in die Weskus dorpie Jacobsbaai geleë en bied gehalte verblyf vir ‘n gesin wat op soek is na ‘n stil en rustige wegbreek in ‘n stil vissersdorpie.
Dié selfsorgwoonstelle is volledig toegerus met alles wat jy benodig vir ‘n ontspanne vakansie in ‘n ware weskus styl, slegs ‘n paar minute se stap vanaf die see.
Ons bied volledig toegeruste woonstelle, elkeen met ‘n privaat ingang, ‘n patio met braaigeriewe.